Friday, January 4, 2019

Nuwe jaar strand stap



Nuwe jaar nuwe dinge! Ons skop die jaar af met ñ strand stappie vanaf Jeffreys tot by Gamtoosrivier mond. Sit vanoggend met seer voete, maar defnitief die moeite werd!





Ons het talle mooi skulpe opgetel, waarvan my gunsteling- die pecten- in oormaat gevind was.






Saturday, December 1, 2018

Troue- Jeanri- wynproe was ñ moet




Mooie Paarl. Ons is hier vir Jeanri se troue. Twee mooi wynplase besoek. Ons eerste besoek aan Vrede en Lust en dan ons gunsteling- Babylonstoren.












Sunday, August 19, 2018

Bloem kuier


Oom Jannie het vir Paps genooi om die naweek Johan se laaste skool wedstryd te gaan kyk in Bloemfontein.Grey Kollege vs Paul Roos was die finaal van die jaar se skole rugby. Beide spanne was onoorwonne vanjaar. Oom Ben was ook die skeidsregter, so dit was lekker om die wedstryd te kon kyk. Grey het PRG 28-26 gewen.

Kyk bietjie hoe jol nig Zo hokkie..











Sunday, August 12, 2018

Karoo sneeu




Ons het gister vir Nini en haar verloofde David gaan kuier. Ek is nie seker waar ons was nie, ons was naby Pearston. Ons gaan een van die dae troue hou! Yeah!