Ons moes gister 'n family shoot bywoon. Ons was almal strand toe en het met die volgende fotos terug gekom. Dit was bietjie awkward,maar nietemin was dit lekker.
'n Mens se familie en die tye wat jy saam spandeer is baie spesiaal, en elke oomblik moet waardeer word!
Die kersfees klokke lui behoorlik hier vanoggend. Al ding is, die wind waai so dat ons dink kersvader en sy bokke is heel van koers af gewaai.
Ander nuus: Ons verhuur vanjaar vir die eerste keer ons huisie. Dit bring darm n paar ekstra sente in. Ons hoop die gaste geniet ons huisie soos wat ons dit heel jaar deur geniet.
No comments:
Post a Comment