Sunday, April 30, 2017

Beautiful life

Morning of our big walk. All mornings are this beautiful,laziness make us miss them all...

Friday, April 28, 2017

Skuiers op die strand

Was ñ laaang en besige twee weke! All is well though! Ruby prigram is crazy! Saterdag wedstryd vs Lorraine,Maandag Proewe, en Dinsdag wedstryd vs Charlo! Seuns was op 2de helfte,maar ons kon gelukkig altwee wen.

Besig met beplanning vir die Aloe Cup,en ek het onlangs gehoor dat ek vanjaar Spanbestuurder van die Cravenweek span gaan wees! Baie werk maar its all g000d :)

Sunday, April 9, 2017

Ernie Els wines

Ons het gister voor M&G se troue bietjie saam met Carli en Dean by Ernie Els se wynplaas ñ draai gemaak. Tot ñ kansie gehad om ñ paar balle te slaan :)

Pragtige uitsig. Was lekker om na hierdie lang week net ñ bietjie te sit en ontspan. Die WesKaap se paaie en verkeer het my onder gekry!

Ons is nou oppad huistoe! Ons is baie opgewonde!!

Friday, April 7, 2017

Gypseys

Skool vakansie kon nie gouer gekom het nie! Was ñ baie besige kwartaal en die rus  is werklik waardeer!

Ons bevind ons tans in Hermanus. Ons is eintlik hier vir Oom George e  Tannie Monique se troue- ñ Galloway troue.

Alles is baie mooi hier. Die dorp is netjies opgepas en skoon. Ons het gister ons eerste keer van Airbnb gebruik gemaak. Ons bly by ñ tannie in die huis-laat my nogals effens aan oorle ouma Maureen dink. In elkgeval. Airbnb is waar ons as gaste in iemand anders se huis ontvang word-teen ñ tarief natuurlik.  Die woonstel is baie netjies en baie oulik. My droom is om ook by ons huis ñ Airbnb kamer te begin,so ek steel maar idees en kyk wat werk,en nie.

Ek sit op die stoepie met ñ skoot kombers en geniet die uitsig!(van die see natuurlik)

Ons was vreeslike gypseys die vakansie. Ons trek vandag na die 4de verskillende slaapplek in die 5dae wat ons op die pad is. Ons het oral baie lekker gebly,maar ons mis die huis(en ons hondjies) vreeslik!  Ek moet gaan stort.. so tot volgende keer...

Ns. Die fotos is van die kuspad verby Gordonsbaai tot Hermanus. Wow!

Tuesday, April 4, 2017

Western Cape road trips

On our way to yet another wedding in Elgin near Grabouw,Western Cape,South Africa.

Blessed to be able to do this, just the two of us. This gives us the opportunity to visit friends in th WC. We are rich in this regard,rich in friends, rich of many good people in our life!