Friday, April 7, 2017

Gypseys

Skool vakansie kon nie gouer gekom het nie! Was ñ baie besige kwartaal en die rus  is werklik waardeer!

Ons bevind ons tans in Hermanus. Ons is eintlik hier vir Oom George e  Tannie Monique se troue- ñ Galloway troue.

Alles is baie mooi hier. Die dorp is netjies opgepas en skoon. Ons het gister ons eerste keer van Airbnb gebruik gemaak. Ons bly by ñ tannie in die huis-laat my nogals effens aan oorle ouma Maureen dink. In elkgeval. Airbnb is waar ons as gaste in iemand anders se huis ontvang word-teen ñ tarief natuurlik.  Die woonstel is baie netjies en baie oulik. My droom is om ook by ons huis ñ Airbnb kamer te begin,so ek steel maar idees en kyk wat werk,en nie.

Ek sit op die stoepie met ñ skoot kombers en geniet die uitsig!(van die see natuurlik)

Ons was vreeslike gypseys die vakansie. Ons trek vandag na die 4de verskillende slaapplek in die 5dae wat ons op die pad is. Ons het oral baie lekker gebly,maar ons mis die huis(en ons hondjies) vreeslik!  Ek moet gaan stort.. so tot volgende keer...

Ns. Die fotos is van die kuspad verby Gordonsbaai tot Hermanus. Wow!

No comments:

Post a Comment