Sunday, December 31, 2017

Wedgewood golf

Ek en Henry het by Dalla in PE gaan kuier. Ons het ñ heerlike dag by Wedgewood golfbaan gehad.

Die ander twee manne se golf was blink,en myne maar nog redelik stink. Dit was steeds ñ baie lekker dag. Ek het met 18 punte ingekom.

Wednesday, December 6, 2017

Fairwell

Today we say fairwell to a friend and a brother. Pj we will miss you. We have worked together for the last five years! Thanks for everything we have shared! I will miss my right hand man!

You win some you lose some.. we have lost a legend!!

Saturday, December 2, 2017

Old friends

It was decided and confirmed that it is difficult to replace old friends. The bonds are everlasting and irreplaceable.

Akkie came down to ZA for a visit. To quote uncle Tinus- "ons is nie hier vir ñ lang tyd nie,maar vir ñ goeie tyd".

We had one night to catch up and it was as though he had never left. Old tales were shared and relived.

One thing that was clear- Akkie missed his family. We spent hours listening to how cute and cheeky little Molly is, and we browsed through hundreds of photos of little William.


It is customary that when in Jbay,you have to have a picture with a surfboard.

Sunday, November 19, 2017

Tuesday, November 14, 2017

Oudtshoorn road trips

Nortje troue in Oudtshoor

Mooi plekkie in die hoofstraat oppad Kango grotte toe. Soek hom op. Sal seker maar eendag ñ koffietjie daar moet gaan opsoek..

Thursday, November 9, 2017

Wednesday, November 8, 2017

Transkei drome

Rainier het Maandag by die skool aangekom met die coolste Jeep!

Hy weet ek wil baie graag ñ Transkei surftrip doen,en het aangebeid dat ek dit met sy  Jeep sal doen.

Een probleem.. 4liter per kolometer eish..

Wie kom saam? 

Monday, October 23, 2017

From moms point of view

Halo Crouse kids,dis mamma hier! Jul awesome oulike pa vra nou al so lank dat ek ietsie op die blog post,so hier is ek nou!

Op die kiekies kan jul sien dis een van ons vele koffies op die strand saam ons geliefde hondjies Bella en Lilly.

Alhoewel dit een van vele oggende is,bly dit van die spesiaalste oomblikke wat ons deel. Om so naby die see te bly en vinnig oor te stap see toe is iets waaroor miljoene mense droom so ons is so geseënd om dit te kan doen wanneer ons wil! Dis wanneer ek my liefste man op sy gelukkigste sien,by die see met sy vroutjie,mooi branders en sy hondjies.

Daar lê soveel waarheid in "enjoy the small things in life" Ons lewe so rustig en gelukkig in Jeffreys en dis net die Here se genade oor ons lewens!

Hopelik is ek nou meer gereeld op die blog,aangesien ek dit baie geniet het om hierdie te skryf!
Liefde 💋💛✌

Ps,Heinrich,jy lyk net soveel hotter 😍 as ek in 'n hoodie xxx

Wednesday, October 11, 2017

Hoogtepunt van my (elke) dag

Vandag was so mooi. Ek het perongeluk jul ma se klas sleutels van die tafel in die  personeelkamer gevat.

Ons het saam weg geloop nadat sy vra of ek haar sleutels geneem het. Ek sê toe sommer so ingedagte nee-ek meen hoekom sal ek haar sleutels vat?  Toe ek by my klas kom besef ek dat ek wel haar sleutels gevat het. Oops. Sy loop nou al vir 5minute  op en af opsoek na haar vermiste sleutels.

Toe ek soos ñ hond met sy stert tussen sy bene terugloop met ñ jammer gesiggie (gedog ek is in groot moeilikheid want Mammie soek nou al die sleutel in ñ paniek)  sê sy met die pragtigste glimlag "darm het ek ñ paar ekstra steps gekry"  :)
Dit som haar so mooi op het ek gedink. Dit vat BAIE om haar regtig kwaad te maak. Liewe Jesus het haar spesiaal vir my gemaak,want ek glo daar is min mense met so baie geduld-

GTown kuier (Graaff)

Heerlike naweek! Dankie aan Oom Henry en Tant Lua vir die gasvryheid!

Bokke het so byna byna teen die All Blacks die pyp gerook!

My golf het soos gewoonlik weer gestink!

Jul ma was heel naweek cheerful soos gewoonlik as die besties kuier!

Heerlike roadtrip

Tuesday, October 10, 2017

Saturday, October 7, 2017

Huiswerk

Vakansie met huiswerk. Ons het Maandag ons wendy huisie laat skyf.

Ons is vandag oppad na Oom Henry en Tant Lua in Graaff Town soos jul ma dit noem. Ek is seker daar sal fotos wees.

Sunday, October 1, 2017

Provincial 7s

Provincial 7s in Bloemfontein.

Jd Van Zyl en Musa Tyembile van ons skool Laerskool Jeffreysbaai

Tuesday, September 26, 2017

Golfie

Heerlike golfie saam oom Hein en Oom Dalla. Reënerige oggend by Wedgewood golf Club in Port Elizabeth.

Jammer om te sê maar Oom Hein en Oom Dalla het my afgestof. Ons het net 9 gaatjies gespeel toe moes ons aanbeweeg na oom Jp se doeke partytjie. Dit is ñ partytjie wat hulle hou om doeke in te samel vir ñ voormalige pa..

Sunday, September 24, 2017

Dansie

Rennie en Bellie dansie = hartjie

Lekker Braaidag (Erfenis dag) gevier vandag.

Monday, September 18, 2017