Wednesday, October 11, 2017

Hoogtepunt van my (elke) dag

Vandag was so mooi. Ek het perongeluk jul ma se klas sleutels van die tafel in die  personeelkamer gevat.

Ons het saam weg geloop nadat sy vra of ek haar sleutels geneem het. Ek sê toe sommer so ingedagte nee-ek meen hoekom sal ek haar sleutels vat?  Toe ek by my klas kom besef ek dat ek wel haar sleutels gevat het. Oops. Sy loop nou al vir 5minute  op en af opsoek na haar vermiste sleutels.

Toe ek soos ñ hond met sy stert tussen sy bene terugloop met ñ jammer gesiggie (gedog ek is in groot moeilikheid want Mammie soek nou al die sleutel in ñ paniek)  sê sy met die pragtigste glimlag "darm het ek ñ paar ekstra steps gekry"  :)
Dit som haar so mooi op het ek gedink. Dit vat BAIE om haar regtig kwaad te maak. Liewe Jesus het haar spesiaal vir my gemaak,want ek glo daar is min mense met so baie geduld-

No comments:

Post a Comment