Monday, October 23, 2017

From moms point of view

Halo Crouse kids,dis mamma hier! Jul awesome oulike pa vra nou al so lank dat ek ietsie op die blog post,so hier is ek nou!

Op die kiekies kan jul sien dis een van ons vele koffies op die strand saam ons geliefde hondjies Bella en Lilly.

Alhoewel dit een van vele oggende is,bly dit van die spesiaalste oomblikke wat ons deel. Om so naby die see te bly en vinnig oor te stap see toe is iets waaroor miljoene mense droom so ons is so geseënd om dit te kan doen wanneer ons wil! Dis wanneer ek my liefste man op sy gelukkigste sien,by die see met sy vroutjie,mooi branders en sy hondjies.

Daar lê soveel waarheid in "enjoy the small things in life" Ons lewe so rustig en gelukkig in Jeffreys en dis net die Here se genade oor ons lewens!

Hopelik is ek nou meer gereeld op die blog,aangesien ek dit baie geniet het om hierdie te skryf!
Liefde 💋💛✌

Ps,Heinrich,jy lyk net soveel hotter 😍 as ek in 'n hoodie xxx

No comments:

Post a Comment