Monday, October 23, 2017

From moms point of view

Halo Crouse kids,dis mamma hier! Jul awesome oulike pa vra nou al so lank dat ek ietsie op die blog post,so hier is ek nou!

Op die kiekies kan jul sien dis een van ons vele koffies op die strand saam ons geliefde hondjies Bella en Lilly.

Alhoewel dit een van vele oggende is,bly dit van die spesiaalste oomblikke wat ons deel. Om so naby die see te bly en vinnig oor te stap see toe is iets waaroor miljoene mense droom so ons is so geseënd om dit te kan doen wanneer ons wil! Dis wanneer ek my liefste man op sy gelukkigste sien,by die see met sy vroutjie,mooi branders en sy hondjies.

Daar lê soveel waarheid in "enjoy the small things in life" Ons lewe so rustig en gelukkig in Jeffreys en dis net die Here se genade oor ons lewens!

Hopelik is ek nou meer gereeld op die blog,aangesien ek dit baie geniet het om hierdie te skryf!
Liefde 💋💛✌

Ps,Heinrich,jy lyk net soveel hotter 😍 as ek in 'n hoodie xxx

Wednesday, October 11, 2017

Hoogtepunt van my (elke) dag

Vandag was so mooi. Ek het perongeluk jul ma se klas sleutels van die tafel in die  personeelkamer gevat.

Ons het saam weg geloop nadat sy vra of ek haar sleutels geneem het. Ek sê toe sommer so ingedagte nee-ek meen hoekom sal ek haar sleutels vat?  Toe ek by my klas kom besef ek dat ek wel haar sleutels gevat het. Oops. Sy loop nou al vir 5minute  op en af opsoek na haar vermiste sleutels.

Toe ek soos ñ hond met sy stert tussen sy bene terugloop met ñ jammer gesiggie (gedog ek is in groot moeilikheid want Mammie soek nou al die sleutel in ñ paniek)  sê sy met die pragtigste glimlag "darm het ek ñ paar ekstra steps gekry"  :)
Dit som haar so mooi op het ek gedink. Dit vat BAIE om haar regtig kwaad te maak. Liewe Jesus het haar spesiaal vir my gemaak,want ek glo daar is min mense met so baie geduld-

GTown kuier (Graaff)

Heerlike naweek! Dankie aan Oom Henry en Tant Lua vir die gasvryheid!

Bokke het so byna byna teen die All Blacks die pyp gerook!

My golf het soos gewoonlik weer gestink!

Jul ma was heel naweek cheerful soos gewoonlik as die besties kuier!

Heerlike roadtrip

Tuesday, October 10, 2017

Saturday, October 7, 2017

Huiswerk

Vakansie met huiswerk. Ons het Maandag ons wendy huisie laat skyf.

Ons is vandag oppad na Oom Henry en Tant Lua in Graaff Town soos jul ma dit noem. Ek is seker daar sal fotos wees.

Sunday, October 1, 2017

Provincial 7s

Provincial 7s in Bloemfontein.

Jd Van Zyl en Musa Tyembile van ons skool Laerskool Jeffreysbaai